Ons hou van

Sensualiteit in ’n bottel

Swart framboos, freesia, orgidee en viooltjie is van die geure in die nuutste Avon-parfuum, Slip Into EDP (50 ml, R330).

Jy kan dit selfs sien in die bottel, wat geïnspireer is deur die vorm van ’n vrou se kuit terwyl sy haar hoëhakskoen aantrek. En die onderkant van die bottel lyk soos die hakkie van ’n skoen!

Die gesig van dié geur is die model en vroueregte-aktivis Christy Turlington Burns. Sy is die toonbeeld van vroulikheid, sofistikasie en elegansie – alles wat Slip Into is. “Ek is mal oor dié sensuele geur, dit laat my vroulik en selfversekerd voel”, sê sy oor die geur.