Ons hou van

Shimansky stel blink parfuum bekend

My Girl is ‘n ligte parfuum gemaak van natuurlike roos-olie, met vars topnote van spanspek en perske, middelnote van roos en jasmyn, gevolg deur ondertone van hout en speserye.

Die verpakking is stylvol in ‘n kristal-bottel wat skitter soos diamante om die Shimansky-stempel daarop af te druk.

Die My Girl-parfuum is ‘n beperkte reeks van 1 000 bottels en eksklusief beskikbaar by Shimansky-winkels. Dit kos R795 vir 50 ml.

Vir meer inligting oor Shimansky en die My Girl-parfuum, gaan na www.shimansky.com of www.mygirl-perfume.com.