greatlengths_dsc4551a
Ons hou van

Sjiek somerstyle

‘n Kantvlegsel bly ‘n gunsteling vir die somer, maar vanjaar is die visgraatvlegsel hoogmode. As jy sukkel om dié vlegsel te bemeester, is ‘n gewone een net so mooi.
Poniesterte is altyd in die mode vir somer, maar dis hoe jy dié haarstyl jou eie maak wat dit daardie ekstra oemf gee. Skep volume by jou kroon voordat jy jou hare vasmaak en draai ‘n stukkie hare om die rekkie nadat jy klaar is.

* As jou hare te kort is vir dié somerstyle, oorweeg Great Lengths Extensions om langer hare te kry. Skakel 011 326 1525 of besoek www.greatlengths.co.za vir meer inligting.