FOTO Instagram / @lorealparisofficial

FOTO Instagram / @lorealparisofficial

Ons hou van

Skoonheidsgunstelinge by Cannes-rolprentfees

Die jaarlikse Cannes-rolprentfees sorg altyd vir hope mode- en skoonheidsinspirasie op die rooi tapyt en vanjaar was geen uitsondering nie. Grimering wat vars en meer subtiel lyk was ’n groot tendens, terwyl die meeste bekendes hul hare in ‘n elegante bolla of krulle gestileer het.

Hiér is die SARIE-skoonheidspan se gunstelinge:

VIDEO: Kyk Taylor Swift se sterbelaaide ‘Bad Blood’

Karlie Kloss

Die supermodel Karlie Kloss, wat een van die gesigte van L’Oréal is, het jonk en vroulik gelyk met ’n sagpienk blos op haar wange wat by haar lipstiffie pas. Haar dramatiese katoog-voorkoms is speels en beklemtoon haar groot oë.

Julianne Moore

Dié Oscar-bekroonde aktrise sit byna nooit ’n skoonheidsvoet verkeerd nie. Haar wynrooi lipstiffie pas perfek by die kleur van haar rok. Haar hare en die res van haar grimering is eenvoudig, maar steeds uiters elegant.

 

Mode en skoonheid: 10 Winter moet-hê items

Bar Rafaeli

Ons is mal oor die model Bar Rafaeli se stralend-natuurlike voorkoms. Haar onderlaag is effens deursigtig, maar gee haar vel steeds ’n gesonde sonbruin gloed. Daarby is haar hare in ’n gemaklike deurmekaar poniestert gestileer.

Thank you @degrisogono_official for bejeweling me A photo posted by Bar Refaeli (@barrefaeli) on

Charlize Theron

Ons eie Charlize het ook met ’n eenvoudige neutrale voorkoms gespog. Haar vel lyk foutloos, terwyl haar nude lipstiffie haar ligte gelaatskleur en goue juwele goed komplementeer.

Charlize Theron in #FallWinter1516 at the ‘Mad Max: Fury Road’ photo call #Cannes #CharlizeTheron

A photo posted by Valentino (@maisonvalentino) on

Fanie kies: Cannes se beste rooitapyt-oomblikke