FOTO: Instagram  @eliesaabworld

FOTO: Instagram @eliesaabworld

Ons hou van

Skoonheid-gunstelinge by die Emmy-toekennings

Ons sien jaarliks daarna uit om ons gunsteling-TV-sterre op die rooi tapyt by die Emmy-toekennings te sien. Vanjaar se skoonheidsvoorkomste was elegant en glansryk, met ’n tikkie kleur hier en daar.

 

Hiér is ons gunstelinge:

Sarah Hyland

FOTO: Instagram (csiriano)

FOTO: Instagram (csiriano)

Die Modern Family-aktrise Sarah Hyland het foutloos gelyk met ’n hoë bolla en gloeiende brons grimering.

 

Natalie Dormer

Dié ster van die gewilde TV-reeks Game of Thrones wys ons hoe om die perfekte mengsel tussen ’n gewaagde, maar steeds glansryke voorkoms te kry met haar rokerige oë, middelpaadjie en golwende hare.

Emosionele huldeblyk tydens vanjaar se Emmy-toekennings – lees meer!

 

Kerry Washington

FOTO: Instagram (@eonline)

FOTO: Instagram (@eonline)

Die aktrise Kerry Washington volg een van dié seisoen se groot kleurtendense met haar sterk blou oogskadu.

 

Julia Roberts

FOTO: Instagram  @eliesaabworld

FOTO: Instagram @eliesaabworld

Ons is mal oor Julia Roberts se natuurlike voorkoms. Kry dié voorkoms met vel wat van binne af gloei, natuurlik gegolfde hare en nude-grimering.

Julia Roberts se Elie Saab-skepping: JA of NEE?

 

Claire Danes

 

 

Homeland-aktrise Claire Danes se bloedrooi lippe en swart oogomlyner rond haar voorkoms goed af. Daarby kombineer haar haarstyl twee gróót tendense – die visgraat-vlegsel en deurmekaar bolla.

Kelly Osbourne

FOTO: Instagram (@kellyosbourne)

FOTO: Instagram (@kellyosbourne)

Kelly Osbourne het gespog met haar kenmerkende pastelpers hare. Ons is mal oor hoe haar oogskadu en lipstiffie by dié skakering pas en haar speelse voorkoms goed afrond.

Suid-Afrikaners in Emmy-benoemde reeks!