FOTO: Verskaf deur Maybelline

FOTO: Verskaf deur Maybelline

Ons hou van

Skoonheid-inspirasie uit Brasilië

Die Wêreldbeker-sokkertoernooi skop vandag in Brasilië af! Vang gees met skoonheidsprodukte wat herinner aan dié kleurryke gasheer-land.

Beklemtoon jou oë met ’n helderkleurige oogpotlood in geel, groen of blou – die kleure van die Brasiliaanse vlag! Kry twee kleure in een met Smashbox Double-Ended Limitless Eye Liner in Green Martian en Yellow Dwarf (R250). Dis vir ’n beperkte tyd beskikbaar. Vir ’n aand uit, probeer Lancôme Artliner 24H Bold Colour Precision Eyeliner in Sapphire of Turquoise (R305).

Lyk stylvol terwyl jy vir jou gunsteling-span skree met Smashbox Santigolden Age Eye Shadow Collage (R380). Hul twee kleurpalette, Earth As We Know It en Apocalypse Now, is ideaal om mee rond te speel vir ’n avontuurlustige voorkoms. Gee jou oë nóg woema met Maybelline Colossal Go Extreme Mascara (R125), of wees gewaagd met Dior Addict It-Lash in It-Purple (R415).

Kry nóg inspirasie by Brasilië se Gisele Bündchen

Jy sal behoorlik aandag trek met lippe in ’n helderrooi of pienk skakering. Ons gunstelinge is Rimmel Lasting Finish Colour Rush Intense Colour Balm in All You Need Is Pink (R93), Dior Addict Fluid Stick in Pandore (R460), Wet n Wild Mega Last Liquid Lip Colour in Red my Mind (R70) en vir ’n glansryke aandvoorkoms probeer Revlon ColorBurst Lipgloss in Embellished (R130).

Verbeel jouself jy lê op ’n strand in Brasilië met Palmer’s Cocoa Butter Formula Body Butter (R55) en Face Butter (R37) vir jou lyf en lippe.

 

Voed droë hare met Inoar Argan Oil Treatment Oil (R434 vir 60ml). Die Argan Oil-produkte van dié Brasiliaanse haarsorgreeks sal jou hare bevogtig en fluweelsag laat voel.

INOAR Argan Oil Treatment Oil

INOAR Argan Oil Treatment Oil

Verf jou naels met O.P.I se Brazil Collection-naelkleure (R160) wat herinner aan Brasilië se strande en tropiese reënwoude. Probeer kleure met unieke name soos I Just Can’t Cope-Acabana (geel), Kiss Me I’m Brazilian (pienk) of O.P.I Scores a Goal! (sjokoladebruin).

OPI Brazil Collection

OPI Brazil Collection

Nóg oulike name vir O.P.I se Brazillian Collection-naellakke

Dra die geur van Brasilië oral waar jy gaan! Fendi L’Acquarossa (R1 290 vir 50 ml EDP) parfuum bevat note soos nartjie, magnolia en rooi sederhout. Laat jou man soos ’n sportster voel met Hugo Boss Boss Bottled Unlimited (R975 vir 100 ml EDT) se energieke geur.