Ons hou van

Skoonheid met ‘n doel

Sedert 1994 word elke sent van ‘n Viva Glam-lipstiffie en -lipglans (lip gloss) wat verkoop word aan dié fonds geskenk, en daar is reeds meer as $202 miljoen (R1,4 miljard) ingesamel! Dié jaar het die veldtog ‘n nuwe, digitale rigting ingeneem.

Viva Glam se huidige woordvoerder vir die tweede opeenvolgende jaar, Lady Gaga, is aktief betrokke by die nuwe webblad vir die veldtog, www.vivaglam.com. Daar is ekslusiewe beeldmateriaal en boodskappe van Lady Gaga wat praat oor haar betrokkenheid by dié inisiatief, gesprekke via Twitter en ‘n toekomstige mode-projek met Lady Gaga en haar stilis. Gebruikers word ook aangemoedig om foto’s op te laai van hoe hulle lyk met dié grimering aan, en om inligting oor MIV/vigs met ander te deel via Facebook en Twitter.

* Die nuwe kleure vir die veldtog is: Viva Glam Gaga 2 Lipstick (R155) en Viva Glam Gaga 2 Lipglass (R145). Dié reeks is reeds beskikbaar by M.A.C takke en uitsoektakke van Edgars, Truworths en Foschini.