mood pil lees nou
Ons hou van

Die een velsorgproduk wat jy dié herfs móét hê…

Die SARIE-skoonheidspan het ’n nuwe obsessie… gesigsproeimiddels! In vandag se gejaagde lewe is een produk met talle voordele al hoe meer die antwoord – soos ’n gesigsproei wat vel verfris, bevog, kalmeer en voed. Noem dit sommer wonderwater – want ’n gesigsproei van suiwer mineraalwater (thermal water) behandel alles van droogheid tot rooiheid en voorkom inflammasie. En wat ons aanbetref, is dit die één velsorgproduk waarsonder jy dié seisoen nie moet klaarkom nie …

Kim Kardashian ontmoet haar dubbelganger

Het jy geweet? Jy het ’n keuse tussen twee soorte gesigsproeimiddels: Suiwer mineraalwater (thermal water) en ’n sproei met ’n mengsel van water en bestanddele soos gliserien, essensiële olies en plantekstrakte – lees hiér meer oor die laasgenoemde! <link na gesigsproei brokkie>

Wat is suiwer mineraalwater?

Suiwer mineraalwater is al sedert die antieke Romeinse tye bekend vir die strelende uitwerking wat dit op die vel het. Reënwater beweeg oor ’n tydperk van tot 75 jaar deur verskeie lae grond en klippe, waarna dit in ’n natuurlike waterbron boontoe sypel. Danksy dié natuurlike filtreerproses bevat mineraalwater die ideale samestelling van minerale en spoorelemente soos kalsium, magnesium en silika wat ’n verskeidenheid velkwessies soos rooiheid, sensitiwiteit en ’n droë vel behandel, sê Nicole Schmitt, plaaslike opleier van die velsorgreeks Uriage.

“Mineraalwater versterk jou velwand en verseker so dat vog nie ontsnap nie. ’n Gesonde velwand verhoed ook dat bakterieë en allergene jou vel binnedring en sodoende rooiheid en inflammasie veroorsaak.” Daarby herstel dit jou vel se pH-balans.

Hoe spuit jy dit aan?

Hou die sproei-bottel ’n armlengte van jou gesig af en spuit gereeld deur die dag sowat drie spuite in ’n sirkel oor jou hele gesig sodat die fyn mis eweredig versprei.

Onthou!

Wanneer jy suiwer mineraalwater aanspuit, moet jou vel net liggies bedek word en nie lopende druppels vorm nie. Anders verdamp die water vinniger as wat dit in jou vel intrek. Klad ná sowat 30 sekondes die oorblywende water met ’n sneesdoekie af.

Hoekom nie net gewone water gebruik nie?

Gewone water bevat dikwels chloor en metale soos yster, koper, nikkel en sink wat jou vel irriteer en op die lange duur tot ’n jeukerige, droë en growwe vel kan lei, sê Nicole.

Hiér’s hulle! Ons semi-finaliste vir Matriekrok van die jaar!

Gebruik só jou suiwer mineraalwater

* Monica se wenk Gebruik dit deur die dag in ’n lugversorgde kantoor om te keer dat jou vel droog en styf voel. “Dis soos ’n slukkie water vir jou vel.”

* Vat dit saam op die vliegtuig of in die motor terwyl jy reis om ’n moeë vel te verfris en dit ’n gesonde glans te gee.

* Charis se wenk Gebruik as ’n verfrisser nadat jy jou vel gereinig het. Wend daarna dadelik jou serum en vogroom aan (sonder om die oortollige water af te klad) om ekstra vog in jou vel in te seël.

* As jou vel sensitief is om velprobleme soos ’n veluitslag, ekseem of psoriase te kalmeer. Suiwer mineraalwater bevat nie enige geurmiddels wat ’n sensitiewe vel kan irriteer nie.

* Om son-gebrande vel te streel.

Hiér is ons gunsteling-mineraalwatersproeimiddels

Uriage Thermal Water (R140 vir 150 ml)

Uriage-150ml-packpdt-2014-hd

Uriage Thermal Water

Vichy Thermal Spa Water (R169)

vichy-thermal-spa-water-39635

Vichy Thermal Spa Water

Eau Thermale Avène Thermal Spring Water (R149). By Clicks

Eau Thermale Avene SPRAYeau-150ml

Eau Thermale Avène Thermal Spring Water

Britney Spears se Photoshop-glips