Dakota Johnson FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Dakota Johnson FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Ons hou van

Skoonheid se Oscar-sterre

Vanjaar se toekenningseisoen het gisteraand op ’n hoogtepunt afgesluit met die Academy Awards. Die SARIE-skoonheidspan het weer hul gunsteling-voorkomste van dié geleentheid gekies. Effens deurmekaar hare en lippe wat aandag trek was veral groot tendense op die rooi tapyt, en het ons ’n voorsmakie van die komende koue maande se grootste trends gegee.

Oscar-toekennings: Die bes geklede vroue

Margot Robbie

Die The Wolf of Wall Street-aktrise het gesmeul met haar nuwe blonde lob (long bob) en helderrooi lippe. Ons hou ook van haar sterk gevormde wenkbroue. Dit beklemtoon haar oë en rond haar treffende voorkoms perfek af.

Margot Robbie FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Margot Robbie FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Keira Knightley

Die swanger Keira Knightley se boheemse golwe en sagte neutrale grimering inspireer ons om dié voorkoms vir die komende herfs-seisoen te probeer. Daarby is haar middelpaadjie elegant en modern.

FOTO: Instagram (@maisonvalentino)

FOTO: Instagram (@maisonvalentino)

Rosamund Pike

Die Gone Girl-ster lyk, soos altyd, vars en stralend met neutrale grimering wat subtiel aangewend is. Dit plaas die fokus op haar vlekkelose vel. Haar effens deurmekaar bolla lyk ook elegant tog gemaklik.

Rosamund Pike FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Rosamund Pike FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S.

Leer dié Saterdag meer oor jou vel!

Dakota Johnson

Dakota Johnson se voorkoms het haar helderrooi Saint Laurent-rok en ouderdom perfek gekomplementeer. Kry die 50 Shades of Grey-ster se voorkoms deur ’n deurmekaar poniestert te maak en ’n paar fyn haartjies om jou gesig los te trek. Gee jou oë ’n ligte rokerige voorkoms en rond dan jou lippe met ’n helderrooi-lipstiffie af.

Dakota Johnson FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Dakota Johnson FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Naomi Watts

Naomi Watts se purper lippe en sagte golwe het haar voorkoms meer waaghalsig gemaak. Ons hou daarvan dat sy haar voorkoms kleur gegee het sonder om dit met donker oogskadu te oordoen.

Naomi Watts FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

Naomi Watts FOTO: Mark Suban / ©A.M.P.A.S.

In die skoonheidstoor: Kies jy helder of nude lippe?

Wat is jóú gunsteling-Oscar-voorkoms? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

SARIE oscarsVanaand, 23 Februarie: Rooi tapyt om 18:00 op E! Entertainment (DStv-kanaal 124) en die seremonie om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).