tyen_karly
Ons hou van

Perfekte wimpers met slim tegnologie

Eers was dit vibrerende maskaras wat die skoonheidswêreld laat gons het. Nou het Dior een stappie verder gegaan en die beste grimeerkunstenaars se wenke en tegnieke in een maskara gekombineer.

Hierdie maskara-borsel roteer 360° om jou wimpers lengte, krul en volume te gee. Maar dis nie al nie, die maskara-borsel doen letterlik al die aanwendingswerk vir jou en voer verskeie ander bewegings uit met die druk van ‘n knoppie, soos sigsag-, reguit- en spiraalbewegings.

Die formule bevat ook ‘n waks wat net soos gewone haarwaks te werk gaan om jou wimpers definisie te gee. Nou kan jy blitsig jou wimpers in jou beste bate verander.

Diorshow 360 (R415) is reeds by uitsoektakke van Edgars beskikbaar.

Dior se nuutste maskara, Diorshow 360