Ons hou van

Skoonheid vir opvoeding

Die Foundation for the Nation-program is spesiaal gestig om MAD te ondersteun in hul poging om opvoeding te gee aan akademies talentvolle jongmense wat nie die geleentheid het om skool te gaan of studeer nie. 

Estée Lauder skenk sekere maande (sien onderaan) R10 van elke Estée Lauder-onderlaag wat verkoop word aan dié program. Sedert die program in Julie 2010 afgeskop het, is R681 369 ingesamel en kon drie meisies reeds hul studies voortsit

* Estée Lauder wil nóg meisies help om ’n goeie opvoeding te kry. As jy in Oktober 2011 en Februarie en April 2012 Estée Lauder Double Wear Stay In Place Foundation SPF10 (R385) koop, skenk hulle R10 aan die Foundation for the Nation-program vir elke onderlaag wat jy koop.