FOTO: Instagram (@bobbibrown)

Ons hou van

Skoonheidgeskenke te kies en keur

Kersfees is binnekort hier! Hiér is die SARIE-skoonheidspan se top-keuses vir geskenke om mee te bederf en op te tooi.

 

1. Alles wat jy nodig het vir die feesseisoen in een slim palet – Shiseido Sparkling Party Palette (R750) bevat lipstiffie, oogskadu én blosser. By uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords

Shiseido2014

Shiseido Sparkling Party Palette (R750)

2. Die perfekte geskenk vir iemand wat mal is oor grimering – Bobbi Brown Scotch on the Rocks Mini Brush Set (R1 100)

bobbibrown

Bobbi Brown Scotch on the Rocks Mini Brush Set (R1 100)

3. Vanjaar het Dior ’n spesiale Kers-grimeerreeks, Diorific Golden Shock, met onder meer naellak, oogskadu en lipstiffie. Probeer Diorific Golden Shock Colour Lip Duo Matte and Metallic in Mysterious Shock (R490)

DIORIFIC GOLDEN SHOCK SHOCK COLOUR LIP DUO MATTE AND METALLIC 008 MYSTERIOUS SHOCK

Diorific Golden Shock Colour Lip Duo Matte and Metallic in Mysterious Shock (R490)

Kry só die Modern Muse Chic-voorkoms in 6 stappe

4. Elke glansryke oogskadu-skakering wat jy nodig het vir die partytjie-seisoen – Smashbox On the Rocks Photo Op Eye Shadow Palette (R450)

smashbox oogskadu palet

Smashbox On the Rocks Photo Op Eye Shadow Palette (R450)

5. Elke Dr. Hauschka Body Care Kit (R305) bevat mini-weergawes van ’n lyfwas, bad- en lyfolie, twee lyfrome en ’n handeroom. Kies uit die Harmony of Freshness & Energy Body Care Kit. By uitsoekwinkels van Woolworths en www.tocara4.co.za

Dr HauschkaFreshness & Energy Kit DE-GB_Original

Dr. Hauschka Body Care Kit (R305)

6. Die mini-haarborsel wat almal moet hê – Tangle Tweezer Compact Styler Happy Holiday Hair (R260). By uitsoeksalonne

TangletweezerPink Baublelicious

Tangle Tweezer Compact Styler Happy Holiday Hair (R260)

Koop Kersgeskenke in die SARIE-winkel!

7. Kies uit 12 skakerings wat net vir ’n beperkte tyd beskikbaar is dié feesseisoen – Revlon ColorStay Ultimate Liquid Lipstick in Brilliant Bordeaux (R179)

REvlon colourstay lipstick

Revlon ColorStay Ultimate Liquid Lipstick in Brilliant Bordeaux (R179)

8. Vir hom! Kry ’n gratis waterbottel saam met dié skeerpak – Nivea Men Sensitive Skin Gift Pack (R140). By Clicks

NIVEA MEN Sensitive Gift Pack R139.99

Nivea Men Sensitive Skin Gift Pack (R140)

9. Met note soos bosbessie, roos en vintage leer is die Oosterse geur van Crabtree & Evelyn Ottoman Rose (R2 200 vir 100 ml EDP) perfek vir ’n gesellige feesseisoen-aand. By uitsoekwinkels van Stuttafords

crabtree & evelyn ottoman rose

Crabtree & Evelyn Ottoman Rose (R2 200 vir 100 ml EDP)

 

Kersgeskenk-idees onder R100 – lees meer!

10. Laat jou naels die praatwerk doen met Yardley London The All Star Gel Lac Nails Gift Set (R100) wat rooi, helderpienk en koraal skakerings bevat

Yardley Gel Lac Box Pack

Yardley London The All Star Gel Lac Nails Gift Set (R100)

11. Bederf jou vel met ’n eksklusiewe Babor Advent Calendar (R1 250 vir 24 x 2 ml-ampules). Dié elegante adventkalender bevat toetsbotteltjies van 9 van Babor se spogprodukte om jou vel te vernuwe en gloeiend te laat

BABOR_Adventskalender2014

Babor Advent Calendar (R1 250 vir 24 x 2ml ampules)

12. Skoonheidshuis Chanel se kers-grimeerreeks spog met skakerings van metaal, dieprooi en grys-blou. Probeer Chanel Rouge Allure Velvet in La Flamboyante (R495) en Chanel Le Vernis in Phénix (R355) vir treffende lippe en naels wat pas

FOTO’s: KAMERS vol geskenke in Irene, Pretoria