Gigi Hadid FOTO: Instagram (@maybelline)

Gigi Hadid FOTO: Instagram (@maybelline)

Ons hou van

Skoonheidstendense by die MTV-musiekvideo-toekennings

Die jaarlikse MTV Video Music Awards is ’n geleentheid vir bekendes om te eksperimenteer met hul uitrustings en voorkoms. Vanjaar het dramatiese kat-oë, nude lippe, boheemse hare en ’n glansende brons gelaat geseëvier as die gewildste voorkomste op die rooi tapyt. Dié bekendes het hierdie vier tendense die beste gedra…

Waarom vanag nie lentedag is nie…

Dramatiese katoog-voorkoms

Kry dit so: Gebruik ’n swart vloeibare oogomlyner en trek ’n lyntjie teenaan jou boonste wimpers. Trek die lyntjie dun in die binnehoeke van jou oë en laat dit geleidelik dikker word na buite. Trek dan ’n “vlerkie” aan die buitenste hoek van jou oog. Om seker te maak jy trek ’n soliede, reguit streep, kan jy ’n kolletjie maak waar jou katoog moet eindig.

Nude lippe

Wenk: As jy vinnig ’n nude lipstiffie moet kies, toets ’n skakering deur dit net in die middel van jou lip aan te wend, stel die bekende grimeerkunstenaar Bobbi Brown voor.“As die kleur verdwyn, is dit die regte kleur. As dit aangeplak lyk, is die kleur te lig, en as dit oranje voorkom, is dit te donker.”

Nuwe ‘trend': Brand jou hare! Ja, met regte vlamme!

Boheemse hare

Wenk: Maak nie saak hoe jy jou hare dra nie, maak seker jou haarstyl is los en effens deurmekaar met ’n paar stringe hare wat rofweg rondom jou gesig uitgetrek is.

Brons gelaat

Kry dit so: Gebruik ’n verbronser om jou vel songlans te gee, veral kort ná die winter. Tik dit met ’n groot ronde grimeerborsel op jou voorkop, wangbene, die brug van jou neus en jou ken.

FOTO’s: Só vier Nataniël sy verjaardag