FOTO: Instagram (@jlo)

FOTO: Instagram (@jlo)

Ons hou van

Skoonheidstendense op die Golden Globe-rooitapyt

Gisteraand het die bestes in die rolprent- en TV-bedryf bymekaargekom vir die 73ste Golden Globe-toekennings. Die mode- en skoonheidsvoorkomste op dié rooi tapyt verklap gewoonlik die groot style en tendense waarna ons vir die res van die toekenningseisoen kan uitsien – en ná gisteraand is ons éérs opgewonde! Neutrale grimeervoorkomste, golwende haarstyle en bessiekleurige lippe was van die grootste skoonheidstendense. Boonop is dit verbasend maklik om self dié voorkomste uit te probeer.

Die top-10 mooiste rokke by die Golden Globes

’n Stralende, verbronsde gelaat

Kate Hudson

Brie Larson

Kry die voorkoms só: Gee jou gesig ’n gesonde gloed met verbronser. Tik dit met ’n groot ronde grimeerborsel aan op jou voorkop, wangbene, die brug van jou neus en jou ken.

’n Donker skakering lipstiffie

Rooney Mara

Die Carol-aktrise het ook met ’n interessante effens deurmekaar vlegsel gespog.

Jennifer Lopez

Kry die voorkoms só: Donker lipstifskakerings soos bruin-rooi, oranje-rooi en pers gaan groot wees die komende winter. Gelukkig komplementeer dié skakerings die meeste gelaatskleure en gee dit elegansie aan enige uitrusting.

Karen Zoid skop stof in die oë van Justin Bieber en Adele!

Los golwe en ’n middelpaadjie

Julianne Moore

Rosie Huntington-Whiteley

Kry die voorkoms só: Skep die voorkoms maklik deur jou hare rofweg te golf met ’n stileeryster of krultang. Krap dan jou hare liggies met jou vingers deurmekaar en spuit ’n haarsproei aan wat spesiaal geformuleer is om volume en tekstuur aan jou hare te gee.

Rokerige oë en nude lippe

Zendaya Coleman

 Jaimie Alexander

Kry die voorkoms só: Die geheim vir rokerige oë is om jou oogskadu en oogomlyner goed te skakeer – hier wys ons jou hoe. Rond jou grimering af met hope maskara en hou die res van jou grimering neutraal, insluitend jou lipstiffie.

Grimering in neutrale skakerings

Alicia Vikander

 Amy Adams

Kry die voorkoms só: ’n Neutrale grimeervoorkoms is natuurlik vleiend en skep ’n gemaklike tog sjiek voorkoms. Hiér verduidelik ons vir jou stap vir stap hoe om die voorkoms te kry.

David Bowie oorlede