FOTO: Instagram  @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

Ons hou van

Skoonheidstruuk: Só weet jy waar om kontoerlyne te skep

Danksy die werklikheidster Kim Kardashian se gunsteling-grimeertruuk – die skep van kontoere (contouring) – kan jy in ’n kits jou voorkoms met net ’n donker kontoerskakering en ’n verligter omtower. Dis veral tydens die somermaande nuttig om ’n sonbruin en glansende gelaat te skep. Maar dis nie ’n maklike grimeertegniek om baas te raak nie. Daarby is elkeen se gesigvorm uniek, wat dit nog ingewikkelder maak om te weet waar presies jy jou donker kontoerskakering en verligter moet aanwend.

Oscars: Húlle is benoem

Ons het dié slim truuk ontdek …

Om te bepaal waar op jou gesig jy die donker skakering moet aanwend en waar jy die verligter moet aanwend, staan voor die spieël en hou die flitslig van jou selfoon 45 grade bó jou gesig. Daar waar die skaduwee onder jou wangbene val wend jy die donker skakering in ’n opwaartse diagonale lyn tot teenaan jou ore aan. Jy kan dié skakering ook aan die skadu-areas al langs jou kakebeen aanwend om jou kakebeen sterker te laat lyk. Wend dan verligter aan die dele van jou gesig waar die lig direk val: op jou wangbene, neusbrug, voorkop en ken.

 

Bronne: www.cosmopolitan.com.au, www.teen.com

Sanger Jack Parow vind sy gesteelde tjor – lees meer!