90ml_edt
Ons hou van

Skuldig van sexy wees

Dié man dra Gucci Guilty Pour Homme (R740 vir 90 ml EDT), die manlike weergawe van die gewilde gelyknamige parfuum vir vroue. Dis ’n kontemporêre mengsel van unieke geure. Italiaanse suurlemoen, peper, laventel en patsjoelie is maar net ’n paar van die ondertone.

“Almal is verlief op die Gucci Guilty-man. Hy neem risiko’s, maar is altyd sensitief vir ’n vrou se begeertes,” sê Gucci se kreatiewe direkteur, Frida Giannini.

Die gesig van dié geur is die akteur Chris Evans (bekend vir sy rolle in Fantastic 4 en Captain America: The First Avenger). “Sy voorkoms is hipnoties,” sê Frida.

Gucci Guilty Pour Homme is reeds in winkels beskikbaar.         

  • Moon

    Essays like this are so ipmroantt to broadening people’s horizons.