Robert Pattison
Ons hou van

Só lyk Robert Pattinson vir Dior Homme

Maande se wag is uiteindelik verby en dIe lang verwagte Dior Homme-parfuumadvertensie met Robert Pattinson is hier!

Gerugte dat Robert Pattinson die nuwe gesig van Dior Homme is, het reeds aan die einde van verlede jaar die ronde begin doen. Dior het die nuus egter eers in Junie vanjaar bevestig. En nou is die advertensie uiteindelik op YouTube! Kyk dit hier:

Dié advertensie, of liewer kortfliek, wys hoe Robert en die Franse model Camille Rowe in die strate van New York rinkink terwyl die lied Whole Lotta Love van Led Zeppelin speel. Wonder wat sou Robert se eksmeisie, Kirsten Stewart, van dié passievolle advertensie dink?

Jude Law

 

Kyk ook hier ’n advertensie met Jude Law, wat die vorige gesig van Dior Homme was:

 

 

 

 

 

Watter een van dié twee is jóú gunsteling-Dior-man?