sr1004skoonheid_11_
Ons hou van

Sorg vir die see

Dis Aardedag op 22 April.
Reeds jare lank kry skoonheidshuise inspirasie uit die natuur. Nou gee hulle ook terug aan die aarde en gemeenskappe – en sorg só dat skoonheid báie meer as veldiep is.

Céline Cousteau, kleindogter van die bekende oseaan-ontdekker Jacques Cousteau, is ’n kampvegter vir omgewingsbewustheid, veral van die see. Sy is die internasionale koördineerder van die Ocean Futures Society – gestig deur haar pa, die filmmaker Jean-Michel Cousteau.

Céline was betrokke by die ontwikkeling van La Prairie se nuwe Advanced Marine Biology Day Cream SPF 20 (R1 850), wat gemaak word van mariene plante verwerk met moderne tegnologie.

“Dis ’n goeie voorbeeld van die verantwoordelike gebruik van die oseaan se ongelooflike hulpbronne, sonder om dié waardevolle ekosisteem te bedreig,”sê sy.

*Vir elke potjie Advanced Marine Biology Day Cream wat La Prairie verkoop, skenk hulle geld aan die Ocean Futures Society