FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Elmari de Vos

Ons hou van

Wenke om jou skoonheidsprodukte netjies te sorteer

Soos jou grimering, naellak en velsorgprodukte al hoe meer word, word dit moeiliker om alles netjies bymekaar te hou. Voor jy jou kan kry, staan buisies onderlaag, maskara, lipstiffie en room jou spieëlkas vol!

SARIE se skoonheidspan wys jou hoe hulle hul produkte netjies hou.

Die maklikste manier om jou skoonheidsprodukte uit te sorteer is om dit in leë mandjies, boksies en blikkies te pak.

FOTO: Charis Labuschagne

FOTO: Charis Labuschagne

 

Pak produkte soos watte, grimeerverwyderaar, nagroom, lipsalf en handeroom in ’n mooi mandjie op jou bedkassie. So kan jy voordat jy gaan slaap sommer jou skoonheidsroetine in jou bed afhandel.

Maak jou eie scrunchie vir bollas!

 

 

Horlosieblikkies is die ideale bêreplek vir lipstiffies – omdat die blikkie nie so diep is nie, steek jou lipstiffie aan die bokant uit.

FOTO: Elmari de Vos

FOTO: Elmari de Vos

As jy dit dan boonop onderstebo inpak, is dit maklik om te sien watter skakering elke lipstiffie is. Jy kan dieselfde met jou naellak doen.

Gebruik ’n houer met meer hoogte, soos ’n glas of ’n dieper blikkie om jou maskaras, lipglans, onderlaagbuise, grimeerborsels, oogomlyners en lippotlode in te bêre.

FOTO: Charis Labuschagne

FOTO: Charis Labuschagne

FOTO: Elmari de Vos

 

As jy nog meer georganiseerd wil wees, kan jy jou produkte vir jou oë en lippe en jou grimeerborsels in aparte glase of blikkies groepeer.

 

 

Wanneer dit by jou grimeeruitstalling kom, moet jy ook nooit jou kombuiskaste onderskat  nie! Jy kan ’n leë blik kitskoffie, leë konfythouers van glas of enige ander leë houer gebruik, wat jy kan versier met mooi papier en linte wat by jou kamer pas.

Gaan kyk op SARIE se Pinterest na nog idees om jou grimering vinnig uit te sorteer!

FOTO: Pinterest

FOTO: Pinterest