captain_america_bottle
Ons hou van

Super-parfuum

Dié Marvel-superheld word vasgevang in ‘n spesiale weergawe van een van Diesel se geure, Diesel Only The Brave Captain America Limited Edition (R680 vir 75ml EDT).

Only The Brave Captain America bevat note van sitrus, sederhout en leer, en die verpakking is in dié superheld se kenmerkende Amerikaanse kleure: rooi, wit en blou.

Kyk ook uit vir die fliek, Captain America: The First Avenger, waarin Chris Evans die hoofrol vertolk.

* Diesel Only The Brave Captain America is vir ‘n beperkte tyd by sekere takke van Edgars, Red Square, Foschini, Truworths, Stuttafords, Woolworths, Dis-Chem en Diesel beskikbaar.