h_kate_hands_lasource_139
Ons hou van

Sysagte hande en voete

Crabtree & Evelyn se Britse konsultant, Andrea Fulerton, deel ’n paar wenke oor die beste sorg vir jou hande en voete dié winter: 

  • Ons hande word in die winter heeltyd aan kontrasterende elemente blootgestel – van die warm verhitting in jou huis tot die koue wind buite. Smeer gereeld ’n handeroom aan wat nie té olierig is nie sodat jy steeds jou daaglikse take met gemak kan verrig.
  • Hoewel ons gewoonlik aangemoedig word om ons hande en voete gereeld af te skilfer, is dit in die winter beter om dit net een keer ’n week te eksfolieer. Só irriteer jy nie jou droë vel nie en raak jy net genoeg ontslae van dooie selle.
  • Gebruik ’n masker vir jou hande! Net soos die maskers wat jy op jou gesig gebruik, is dié produkte ektra bevogtigend en sal jou hande supersag laat.
  • Winter is die perfekte seisoen om die skade wat jou voete in somer opgedoen het te behandel. Smeer in die oggend room aan voor jy jou kouse aantrek, en in die aande ná jy gebad het.
  • Hou jou toonnaels lekker kort om te keer dat hulle breek, of selfs dat dit ingroei!