Ons hou van

Sysagte vel

Phyllis Green, SARIE-fotograaf, het die nuwe produkreeks Beauté Pacifique uitgetoets: “My vel neig om droër te raak in die winter en dan moet ek altyd ’n ryker vogroom gebruik.

Ek was baie beïndruk met 2 produkte uit die Beauté Pacifique-reeks: die Vitamin A Anti-Wrinkle Creme (R940) word eerste aangewend en ’n paar sekondes gegee om in te trek, en dan wend jy die Beauté Pacifique Enriched Moisturizing Creme (R710) aan. Ek kon reeds ná 5 dae resultate sien. My vel het plomper en varser gelyk en beslis beter gevoel.

Die reeks is beskikbaar by uitsoek-takke van Truworths.