taylor_parfuum
Ons hou van

Taylor se herinneringe inspireer geur

Die naam van die parfuum is geïnspireer deur ‘n reël uit haar liedjie, Enchanted: “I’m wonderstruck, blushing all the way home.” 

“Ek het die lirieke geskryf oor ‘n eerste ontmoeting. ‘n Parfuum kan help om iemand se eerste indruk en herinnering van jou te vorm. Ek dink Wonderstruck gaan ‘n rol speel in daardie herinnering,” sê Taylor.

Wonderstruck is ‘n blommegeur (freesia, appelbloeisel, hibiscus) met heerlike vrugtenote soos framboos en perske daarby.