FOTO: Instagram (@thebeautydept)

FOTO: Instagram (@thebeautydept)

Ons hou van

Tendens-wenk: Los en deurmekaar hare

Die dae van growwe strandkrulle is verby – dié seisoen lyk hare natuurlik en moeiteloos met groot effense golwe. Maak nie saak hoe jy jou hare dra nie, maak seker jou haarstyl is los getrek en effens deurmekaar met ’n paar stringe hare wat rofweg rondom jou gesig uitgetrek is.

FOTO: Johnny Depp se dogter laat die koppe draai

The final look is reminiscent of freshly washed hair. Not overly done but still cool #PFW

A photo posted by Moroccanoil (@moroccanoil) on

Kry dié moeitelose voorkoms deur ’n haarproduk wat volume en tekstuur gee liggies aan die punte van jou hare te wend en dan jou hare natuurlik te laat droog word. Stileer dit op in ’n rowwe poniestert, los vlegsels of ’n deurmekaar bolla of krap dit effens deurmekaar en laat dit los hang.

- Natalie van Heerden, bemarkingsbestuurder van Schwarzkopf

Zayn Malik se eerste solo-liedjie ná One Direction – lees meer!

Nóg inspirasie vir los en deurmekaar hare

Skoonheidsinspirasie: April se blommeprag!

Probeer dié haarprodukte

  1. TRESemmé 24 Hour Body Finishing Spray (R77)
  2. Schwarzkopf Gliss Total Repair Anti Breakage Mask (R90)
  3. Pantene Aqua Light Shampoo & Conditioner (R43 elk)
  4. Moroccanoil Volumizing Mousse (R340). By uitsoeksalonne
  5. Lee Stafford Messed Up Light Spray Wax (R95). By Clicks

Skep só geometriese patrone op jou naels