Ons hou van

Teruggee aan die gemeenskap

Een van vanjaar se projekte vir Citizen Day (dit was op 6 Julie) is in Johannesburg by die Forest Town School vir leerlinge met gestremdhede gehou. L’Oréal het die skool se Wep@Work-program ondersteun. Leerders wat klaar is met skool word opgelei om sekere werk te verrig sodat hulle die vaardighede het om ‘n inkomste te kan verdien.

Die skool se salon, koffiewinkel, karwas en bakkery is daagliks oop vir die publiek.

Op dié dag kon jy teen ’n verminderde prys jou hare laat sny by een van die L’Oréal Professionnel-haarkappers by die skool se eie haarsalon, en ná die tyd kon jy iets drink en eet by die skool se koffiewinkel.

* Vir meer inligting oor die Wep@Work-program besoek http://www.foresttownschool.co.za/