FOTO: Estée Lauder

FOTO: Estée Lauder

Ons hou van

Tooi die wêreld pienk vir Borskankerbewustheid

Oktober is Borskankerbewustheid-maand! Ter ondersteuning is die gewilde Hyde Park Corner-winkelsentrum in Johannesburg, saam met bekende landmerke wêreldwyd soos die Eiffeltoring in Parys en die Empire State Building in New York, vandeesmaand in pienk verlig as deel van die Estée Lauder-groep se Breast Cancer Awareness-veldtog.

Nico en Christi Panagio op ’n reuse-avontuur saam met hul dogters

 

Jack Parow en Loki Rothman samel geld in vir borskanker

Dra vandeesmaand ook jou pienk strikkie met trots en doen jou deel vir borskanker met dié skoonheidsprodukte:

estee lauder night recovery1. Die Estée Lauder-groep se Breast Cancer Awareness-veldtog in meer as 70 lande het al 58 miljoen Amerikaanse dollar ingesamel vir navorsing en bewusmaking-projekte. Dié jaar is geen uitsondering nie. Inkomste uit die verkope van dié nagserum Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II (R960 vir 50 ml) word geskenk aan Look Good Feel Better, ’n organisasie wat skoonheidsraad en werksessies aan borskanker-lyers bied. Die gevorderde herstelserum se verbeterde formule bevorder jou vel se herstelproses, wat piek in die aand terwyl jy slaap.

Clinique_Great Skin, Great Cause Dramatically Different Moisturizing Lotion+ with Clinique Charm Set

2. Clinique, ook deel van die Estée Lauder-groep, stel jaarliks ’n beperkte bottel van die gewilde Clinique Dramatically Different Moisturizing Lotion+ (R680 vir 200 ml) vir borskankerbewustheid bekend. Die romerige tekstuur van die vogroom herstel jou vel se lipiedlaag sodat vog beter in jou vel geseël word, perfek vir ’n droë veltipe. Vanjaar is die bottel met vier gelukbringers getooi waarvan die pienk strik een is. ’n Gedeelte van die inkomste uit verkope word ook aan Look Good Feel Better geskenk.

ch sublime3. Carolina Herrera de Báez, dogter van die bekende mode-ontwerper Carolina Herrera, het twee jaar terug die mode- en skoonheidshuis se CH Support with a Smile-inisiatief in SA bekend gestel. Dié projek beoog om aan vroue met borskanker ondersteuning en hulp te bied vóór, tydens en ná hul behandeling. Uit die plaaslike verkope van verskeie van hul geure, waaronder die vars blommegeur Carolina Herrera CH Eau De Parfum Sublime (R1 450 vir 80 ml EDP), skenk hulle jaarliks geld aan die plaaslike Breast Health Foundation. Vanjaar wys die ma en dogter-span ook hul toewyding aan die geveg teen borskanker deur vir ’n nuwe advertensieveldtog twee pienk strepe op hul wange te verf met die boodskap: Ons gee nie op nie.

4. Die trots Suid-Afrikaanse reeks Eyeslices Professional Soothing & Cooling Eye Gels (R200 vir ’n paar) bestaan uit unieke oogbehandelingsmaskers wat spesiaal ontwerp is om diep in die vel rondom jou oë te penetreer om kwessies soos fyn lyntjies, plooie, rooiheid, pofferigheid en donker kringe te behandel. Gedurende Oktober wys dié innoverende handelsnaam hul ondersteuning aan borskanker-lyers deur hul professionele reeks oogbehandelings in ’n pienk verpakking te tooi saam met ’n pienk strikkie-borsspeld wat handgemaak is uit krale. Vir elke produk wat dié maand verkoop word, word R5 aan Look Good Feel Better geskenk. By uitsoeksalonne en -spa’s

5. Great Lengths South Africa is bekend vir hul haarverlengings van gehalte. Met hul jaarlikse Pink Hair Shows You Care-veldtog moedig dié handelsnaam SA vroue aan om in Oktober ’n pienk haarverlengingstuk in hul hare te dra. Dit neem ’n haarstilis skaars 5 minute om een Pink Hair Extension-verlengstuk (R100) in te sit en hou sowat twee maande in jou hare. Inkomste uit verkope word aan CANSA geskenk. By uitsoeksalonne

invisibobble6. Dié maand is die unieke haarrekkiereeks Invisibobble vir ’n beperkte tyd in ligpienk te kry ter ondersteuning van Breast Cancer Now, ’n internasionale navorsingsorganisasie wat fokus op vroeë diagnose en die ontwikkeling van nuwe behandelings vir borskanker. Die Invisibobble Pink Power-haarrekkie (R80 vir drie rekkies) spog boonop ook met die kenmerkende pienk strikkie wat binne-in die rekkie se deursigtige ringetjies gevou is. By uitsoeksalonne

Het jy geweet?

Een van die nagevolge van kankerbehandelings soos chemoterapie en radiasie-behandeling is vel wat baie droog, gedehidreerd en sensitief word. Dit kan onder andere lei tot rooiheid, jeukerigheid en die vorming van donker vlekkies. Die gewilde SA olie Bio-Oil (R55 vir 60 ml) het daarom met die Look Good Feel Better-organisasie saamgespan om kankerpasiënte oor die vele gebruike van dié wonderolie in te lig. Buiten intense bevogtiging herstel die olie skade aan jou vel se natuurlike lipiedlaag. Boonop kan dit aan jou lyf, gesig, nael-kutikels en selfs jou kopvel, in die geval van haarverlies, aangewend word.

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Nataniël en sy broer se nuwe TV-program! Hiér is die voorskou