Ons hou van

Top-10 kleure vir jou naels

Gee jou voorkoms glans met naellak-kleure wat perfek is vir kouer maande. Ons skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, kies vir jou

’n Goeie pasmaat vir ’n ligte vel – Sally Hansen Complete Salon Manicure in Mauve Along (R90)

SallyHansen

Enige velkleur kan dié skakering dra – Estée Lauder Pure Color Nail Lacquer in Blue Blood (R255)
Estée Lauder Blue BloodGee jou naels ’n tikkie glans met ’n neutrale skakering soos Clinique A Different Nail Enamel in Call my Buff (R170)
Clinique Call My Bluff Nail Enamel Global

Grys is altyd ’n goeie keuse vir die winter – Mavala Nail Color Cream in Warm Grey (R68)
Mavala Warm Grey

’n Bruinpers skakering met ’n glans- afwerking wat nie maklik splinter nie – REVLON Nail Enamel in Foxy (R95)
_K6E6380

Soek jy ’n skakering vir die winter én somer, probeer Michael Kors Nail Lacquer in Sexy Sensation (R235). By uitsoek- takke van Stuttafords
Michael Kors Sexy Sensation Nail Lacquer

As jy waaghalsig voel, is O.P.I Nail Lacquer in Dining Al Fresco (R160) die perfekte kleur om mee te eksperimenteer
O.P.I DiningAlFrisco

In die dag lyk essie in Licorice (R119) gesofistikeerd en in die aand alte glansryk!
Licorice

’n Ligte grys skakering met ’n blou ondertoon soos In Touch Nail Enamel in Bridezilla (R59 vir 10 ml) is subtiel en stylvol. By Perfect 10- en Dream Nails-salonne
In Touch

Skrikkerig vir ’n té donker bessiekleur? Kies dan ’n ligter weergawe soos Gosh Special Edition Nail Lacquer in Berry Me (R79). By Edgars

Gosh Special Edition NailLacquer_008BerryMe