middle_east_visual_summer_2011
Ons hou van

Tropiese naels en lippe

Stuur jou naels op ‘n eilandvakansie met Dior Vernis in Aloha, ’n lewendige oranje, of Paradise, ’n neonpienk. Rond dié modieuse, opwindende naels af met ’n laag deurskynende naellak vir ekstra glans.

Komplementeer dié skakerings met ’n bypassende Dior Addict Crystal Gloss wat jou lippe onmiddellik laat skitter. Dié lipglans is verryk met polimeerjel wat jou lippe voller laat lyk en heeldag vogtig hou. Jy kan kies tussen ’n deurskynende óf ’n helderder weergawe in die nuwe skakerings genaamd Sweet Peach, Luminescent Peach, Sweet Rose en Luminescent Rose.