FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Nuwe trend! Tweekleurige hare of liewer die ombré

Dié aktrise – bekend vir haar rolle in flieks soos Charlie’s Angels, He’s Just Not That Into You en 50 First Dates – is nie bang om haar haarkleur te verander nie. Drew se hare was al amper elke kleur onder die son!

Dié keer het sy haar bob-haarstyl ‘n byderwetse tweekleurig gemaak – ‘n ryker, donkerder kleur bo met haar haarpunte wat lyk of dit letterlik in ‘n ligter kleur gedoop is. En dié haartrend het ‘n naam ook: die ombré!

Miskien ‘n goeie keuse vir resessie-tye . . .

  • Karina

    Lyk alte veel na gekleurde hare wat uitgegroei het…

  • Alice Hendriks-Boshoff

    Drew Barrymore se hare: Nou kan almal wat hulle hare gekleur het dit laat uitgroei en dit ombré noem.

  • Evelyn Loubser

    Nee wat dankie, dit lyk sowaar die geldjie het opgeraak en nou kan sy nie bekostig om weer te kleur nie! Aaklig!! Sommer teleurstellend!!

  • Louise

    Twee kleur hare – twee kleur skoene – weet nie waar om te kyk of waarop om te konsentreer nie – maar sy is pragtig.

  • Sunelle

    Ek stem saam met Karina. Lyk so na gekleurde hare wat uitgroei en dit lyk regtig baie sleg.

  • Anna-Mari

    Stem saam met Karina, en dan wou sy seker die hare by die skoene laat aanpas!

  • Annette

    Ek is ‘n haarkapster… Ek sal nie sommer dit my handewerk wou noem… by Drew sal enigiets goed lyk!

  • julande muller

    Die Sjiek en Styfvol Trend Lyk pragtig,ek hou glad nie van die ombre nie!
    Dink dit lyk onversorg en onnatuurlik soos reeds genoem….

  • Wilma

    Nee, dit lyk slordig! Soos hare wat maande laas gekleur is.

  • Jackie

    Jippie!! Daar’s hoop vir my om eindelik my hare se grys te laat uitgroei!!

  • Mariana de Beer

    Beteken dit my grys wortels wat uitgroei is nou haai fashun?

  • Elzabe

    Ek stem saam met Karina, tensy ons die punte donkerder maak as die deel naby die kopvel. Baie onversorgde koppe lyk amper soos ombre, hulle moet net bietjie langer uithou.

  • Magda Matthysen

    Sal sommige vroue pas ander sal nie mooi lyk in die nuwe haar mode nie. Veral ours vrou so na 40 jaar moet maar pasop mens kan gou nie sjiek lykj nie

  • MAGDA MATTHYSEN

    Sal sommige vrou pas. Wanneer mens die veertiger jare bereik moet mens maar versigtig wees om al die mode neigings te volg.

  • Heide

    nie vir my nie dit lyk baie slordig

  • Jeanette

    Stem saam, dit lyk na hare wat uitgroei. Slordig en onnet.