FOTO: L'Oreal

Ons hou van

Überman

Die metro- en retroman se dae is getel sedert die überman sy verskyning gemaak het! Hierdie “nuwe” manspesie sien om na sy voorkoms, maar is nie behep met homself nie. Hy het tyd om aan ander te dink, liefdadigheidswerk te doen en selfs politieke standpunte te ondersteun.

 

In ʼn onlangse peiling in New York het Bono, van die groep U2, ʼn eerste plek op dié ranglys beklee.

 

Maar vir ons by SARIE is Patrick Dempsey (Dr. Derek Shepherd van Grey’s Anatomy) vinnig besig om die leisels by Bono oor te neem.

 

Dié akteur het verlede jaar sy eie geur, Unscripted, bekendgestel, en vanjaar het die skoonheidshuis L’Oréal hom opgeraap as die gesig van hul nuwe Men Expert Hydra-Sensitive en Studio Mineral Fx-reeks. Die eerste is ʼn velsorgreeks vir mans met sensitiewe velle en die tweede ʼn haarsorgreeks wat minerale bevat. Dempsey sluit hom by die mooi geselskap aan van L’Oréal se twee bestaande gesigte: Pierce Brosnan en Matthew Fox.