skoonheid haarsorg
Ons hou van

Uit die skoonheidstoor: Hou jou hare glansend en gesond

Winter – die seisoen wat ons geneig is om ons hare die meeste af te skeep.

Hiér is die SARIE-skoonheidspan se gunsteling-haarserums, -olies en -maskers om nuwe lewe aan jou hare te gee:

Gee ook só nuwe lewe aan winterhare

skoonheid haarsorg nommers

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1. L’Oréal Elvive Fibrology Thickening Masque (R75): Dié masker gee ekstra tekstuur aan jou hare terwyl dit ook jou hare dikker laat voorkom.

2. Gary Rom Blonde Brilliance Masque (R445): Dis spesiaal ontwerp om blonde hare wat bros en droog is te voed en versterk.

3. Schwarzkopf BC Fibre Force Fortifier Treatment (R233): As jou hare baie beskadig is deur salonprosesse of ’n droë klimaat, sal dié masker jou redding wees.

4. Palmer’s Coconut Oil Formula Deep Conditioning Protein Pack (R24): Gebruik hierdie gekonsentreerde opknapper een tot twee keer ’n week om jou hare se natuurlike voedingstowee aan te vul. Beskikbaar by Clicks.

5. Dove Pure Care Dry Oil Restorative Treatment with Anatolian Pomegranate Seed Oil (R180): Hierdie droë olie bevat bestanddele wat ryk is aan omega 5-olies. Dit voed jou hare met antioksidante en sorg vir glansende hare.

6. John Frieda Full Repair Repairing Oil Elixir (R110): Gebruik haarolies soos dié deur ’n bietjie in jou handpalm te spuit, dit warm te vryf en dit eweredig deur jou hare te versprei. Moet dit eerder nie op jou haarwortels aanwend nie. Beskikbaar by Clicks.

7. Lee Stafford Arganoil from Morocco Miracle Heat Defence Spray (R115): As jy gereeld jou hare droogblaas of met hitte stileer, sal dié beskermende haarsproei jou hare gesond en sterk hou.

8. OGX Nourishing Coconut Milk Anti-Breakage Serum (R180): Behalwe dat hierdie olie lekker ruik, sal dit jou hare fluweelsag laat voel en boonop meer veerkragtig maak.

Die Gary Rom-blog: Van sjokolade na karamel op jou hare