Ons hou van

Naels met prentjies

En nou kan jy ook jou naels verpersoonlik met Minx. Dis ’n soliede laag wat professioneel op jou naels gesit word in metaalskakerings en verskeie patrone, wat die prentjie in enige kleur of ontwerp voltooi. So kan jy ‘n foto op jou naels ”aflaai”. G’n geblaas, want dis onmiddellik droog.

Ander bekendes soos Beyoncé en Kim Kardashian het al met dié naels gepronk, en Suid-Afrikaanse bekendes soos Tamara Dey en Elana Afrika volg ook dié gier.

Om uit te vind waar jou naaste salon is wat die Minx-ding doen, skakel 0861-846-873

  • ANNELIZE

    GEE ASB RAAD VIR NAELS WAT IN SKEUR IN DIE MIDDEL EN GEDURIG STOMP AFBREEK.