Melinda se glansryke krulle is perfek vir 'n somersaand FOTO: Instagram

Melinda se glansryke krulle is perfek vir 'n somersaand FOTO: Instagram

Ons hou van

Vakansiehare – vir dag en aand

Vakansie beteken vir baie sorgvrye dae en glansryke aande – veral met Oujaarsaand om die draai. En tyd vir hare mooimaak is daar min.

Hierdie is 5 prag-haarstyle vir die dag wat maklik en vinnig in ’n glansryke styl vir die aand omskep kan word.

1 Van reguit en los na ’n glansryke poniestert

Gladde reguit hare is ’n stylvolle styl vir die dag én die aand en boonop een van hierdie somer se gunsteling-trends. Dié styl lyk ewe mooi met korter of lang hare.

Vir die dag

Deel jou hare in seksies en maak dit reguit met jou stileeryster. Onthou om altyd eers ’n produk aan te wend wat jou hare teen hitte beskerm. 

straight
FOTO’S: Pinterest

Vir die aand

Jou hare is steeds mooi reguit – indien nie, gly weer die stileeryster vinnig oor. Maak jou hare in ’n lae poniestert aan die sykant van jou nek vas. Hou ’n stringetjie hare uit en versteek jou haarrekkie deur die stringetjie rondom dit te draai en met ’n haarknippie vas te steek.

side pony

2 Speelse poniesterte en klassieke opstyle

Vir die dag

Maak jou hare hoog teen jou kop vas en maak seker daar is heelwat tekstuur in jou poniestert vir ’n pret-voorkoms. Jy kan dit krul of teaze. Steek weer die rekkie weg met ’n stringetjie hare, of vir meer detail kan jy die stringetjie eers vleg.

party pony

Vir die aand

Die klassieke French twist, soos Audrey Hepburn s’n in Breakfast at Tiffany’s, is altyd ’n wenner. Boonop kan dié voorkoms by ’n formele én ’n informele uitrusting werk. Dit steek ook die rekkiemerk weg nadat jou hare die hele dag in ’n poniestert was. Vir ’n meer ontspanne voorkoms, kan jy jou hare sag na agter steek en nadat jy die Franse rol gemaak het, fyn haartjies uittrek.

french twistDie Franse rol kan (met genoeg knippies) ook mooi lyk by iemand met ’n langer bob. Jy neem jou hare aan die onderkant van jou kop bymekaar, byna asof jy ’n poniestert gaan maak, dan rol jy die “poniestert” totdat dit styf teen jou kop is. Gebruik nou knippies om die “rol” wat jy gemaak het, vas te steek. Spuit jou hare met haarsproei om seker te maak dit bly in plek.

3 Golwend vir die dag én nag

Vir die dag

Golwende hare is ideaal vir die somer, want dit skep die indruk dat jy die hele dag op die strand was! Dié voorkoms is ontspanne, sexy en perfek vir die vakansie. Gebruik weer jou stileeryster om jou hare in die oggend te golf.

waves

Is jou hare korter? Volg aktrise Lily Collins se voorbeeld en dra dit steeds in stylvolle golwe!

Vir die aand

Voordat jy vanaand uitgaan, gee jy die styl net bietjie meer elegansie deur die boonste helfte van jou hare sag vas te steek. Jy kan selfs klein Franse vlegsels maak om dié hare uit jou gesig te kry.

waves half up

Golf jou hare nie natuurlik nie? Kry die voorkoms só

4 Vleg jou hare

Vir die dag

Maak fyn Franse vlegsels (dié styl is ook ideaal as jy ‘n bob het) wat aan weerskante van jou kop na agter loop. Steek nou die fyn vlegsels agter jou kop vas.

Nog ’n opsie is om ’n Franse vlegsel te maak wat van jou linkeroor af bo-oor jou kop tot by jou regteroor strek.

mini braid

Kry die Griekse voorkoms met vlegsels

Vir die aand

Vleg nou die res van jou hare ook, maar moenie dit in ’n reguit vlegsel na onder doen nie. Wees kreatief en steek nou ook groter vlegsels bo-op jou kop vas!

braided updo

5 ’n Bolla vir elke geleentheid

’n Bolla is een van die jaar se grootste haartendense. Hoewel dit hoogmode is om dié voorkoms bo-op jou kop te dra, lyk dit ook klassiek en elegant in jou nek.

Vir die dag

Dra ’n los bolla wat bo-op jou kop vasgesteek is.

 

Vir ’n meer informele, spelerige voorkoms kan jy ’n paar fyn haartjies uit die bolla trek om los te hang.

messy bun

Maak ’n wen-bolla in ’n japtrap

Vir die aand

Haal jou blikkie haarsproei uit die kas en spuit al die fyn, los haartjies wat uit jou bolla geval het in posisie. Jy kan ook bietjie haarsproei gebruik om die hare rondom jou gesig na agter te spuit. So word jou informele bolla blitsvinnig ’n elegante updo!

full bun

 

Gaan kyk op SARIE se Pinterest-bord, Hair styles we love, na ons gunsteling-haarstyle vir die somer.