Entertainment

Entertainment

Ons hou van

Van kop tot toon in sjokolade

Die meeste van ons is mal oor sjokolade en dié heerlike bestanddeel in lekkergoed is ook ’n groot bron van inspirasie in die skoonheidwêreld. Van die skakering van jou hare of grimering tot die geur in lyfsorgprodukte – sjokolade is altyd daar.

Sandra Bullock, Victoria Beckham, Katie Holmes – al drie dié sterre het ’n pragtige bos sjokoladebruin hare en ons is mal oor hoe sag en warm dit hulle laat lyk.


Ook plaaslike sterre soos Hanna Grobler en Donnalee Roberts lyk beeldskoon met hare wat herinner aan ons gunsteling-eetgoed!

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Kry ’n sjokolade-glans in jou hare met L’Oréal Paris Casting Crème Gloss in 535 Chocolate (R135).

Ook Bobbi Brown het inspirasie in die bruin skakering van sjokolade en diep skakerings van bessies gevind met die Bobbi Brown Chocolate Collection. Dié reeks bestaan uit ’n oogpalet, blosser, lipstiffie en lipglans, oogomlyner, maskara en ’n oogskadupen (die Long-Wear Cream Shadow Stick). Produkte in dié reeks is by jou naaste Bobbi Brown-toonbank beskikbaar en kos vanaf R260.

 

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Dis natuurlik nie net die kleur wat die skoonheidswêreld inspireer nie, maar ook die geur van sjokolade! Vir lyfsorgprodukte wat soos dié donkerbruin lekkergoed ruik, kan jy The Body Shop se Chocomania uittoets. Die produkte in die reeks is vanaf R40 beskikbaar in onder meer lyfbotter, lipbotter, stortroom en seep.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Soek jy steeds na meer sjokolade in jou lewe? Sommige parfuums bevat sjokolade in die basis- of hartnote!

Revlon Pink Happiness Delicate Moments (R210 vir 50 ml EDT) (regs onder) kombineer sjokolade, vanielje, patsjoelie, sandelhout en wit muskus in die basis terwyl bamboes, bergamot, wit tee, rooi bessies, freesia, pienk spookasem, wit lelies en jasmyn die ander note in die geur is.

Die gewilde Thierry Mugler Angel (R995 vir ‘n hervulbare 50 ml-bottel EDP) (links bo) gebruik ook sjokolade. Donker sjokolade word met onder meer vanielje en karamel gemeng in die basis van dié geur terwyl die ander note in die parfuum vrugte, blomme, heuning en spookasem insluit.