Ons hou van

Vanessa Haywood is die gesig van ‘n skoonheidsreeks

Vanessa Haywood moes al die verandering van haar man in ‘n “prawn” (in die fliek District 9) verwerk en tans kan kykers van Survivor South Africa Maldives sien hoe sy kompeteer met die natuur én ander deelnemers. Dié persoonlike suksesse, tesame met haar voorkoms,het haar die natuurlike keuse gemaak as die plaaslike gesig vir !QMS Medicosmetics.

Hierdie velsorgreeks fokus om die jare terug te draai en help jou vel om jonk te bly. Die brein agter die reeks, Dr. med. Erich Schulte, het ‘n metode ontwikkel wat natuurlike kollageen kondisioneer sodat dit die epidermis kan penetreer.

Vanessa is baie gelukkig met die produkte wat sy verteenwoordig: “My vel is letterlik vernietig tydens Survivor en om dit weer in tip top kondisie te kry gaan maklik wees met !QMS Medicosmetics”.