disneymac1
Ons hou van

Vat ‘n hap van dié appel

Daarom het M.A.C pas hul Venomous Villains-grimeerreeks bekend gestel wat hulde bring aan Disney se gemeenste divas, soos Cruella de Vil van One Hundred and One Dalmatians, die bose koningin in Sneeuwitjie, Maleficent wat die prinses ‘n 100 jaar laat slaap het, en dr. Facilier, die stylvolle towenaar in die meer onlangse The Princess and the Frog.

Hierdie grimeerreeks daag jou uit om die berekende verleidster in jou na vore te laat kom en te vier met produkte soos Heartless Cherry Red, ‘n bloedrooi lipstiffie, Vile Violet, ‘n vuilblou-pers oogskadu en Strange Potion, ‘n sagte koraalpienk lipglans.

Het jy geweet?

Cruella de Vil is in 2005 as Disney se voorste skurk aangewys.

SARIE het haar gevra om haar skoonheidsgeheime te deel:

Hoe kry jy jou hare daardie interessante kleur?

‘n Vrou moet nooit haar skoonheidsgeheime verklap nie, veral nie as jy so wonderlik is soos ek nie.

Hoe oud is jy?

Jy speel seker!

Wat is jou moet-hê-produk in jou grimeersakkie?

Enigiets wat my wangbene beklemtoon – as jy dit het, flaunt dit!

Wat is jou moet-hê-mode-item?

Rooi stilettos.