Ons hou van

Veerligte hare

Nou het Pantene hul Pro-V Aqua Light-reeks bekend gestel wat fyner hare versterk, maar ook veerlig hou.

Die reeks bevat ‘n sjampoe, ‘n opknapper, ‘n haarmasker en ‘n behandelingsproei wat spesifiek gemaak is om die oorsake van swaar, dowwe hare te beveg.

Pantene Pro-V het ook ‘n nuwe gesig wat onder meer dié nuwe reeks gaan verteenwoordig. Olga Kurylenko, wat bekend is om haar rol as die James Bond-meisie Camille in Quantum of Solace, sien daarna uit om ‘n ambassadeur vir Pantene Pro-V te wees: “Ek en Pantene is albei modern, dinamies en avontuurlustig,” sê sy.