Ons hou van

Viktor & Rolf kry hervulbare parfuums

Een van Viktor & Rolf se gewildste geure is nou in ‘n hervulbare parfuumbottel beskikbaar.

Viktor & Rolf het hul eerste parfuum, Flowerbomb, in 2005 bekend gestel. Vandag, byna tien jaar later, is dié parfuum selfs meer besonders danksy die nuwe hervulbare bottels wat van vandeesmaand af te kry is.

Spicebomb het vroeër vanjaar gesogte pryse gewen

Hervulbare Viktor & Rolf Flowerbomb in die 20 ml-handsakgrootte.

 

Jy koop een van die spesiale hervulbare bottels van Flowerbomb (R499 vir 20 ml-handsakgrootte EDP, R1 089 vir 50 ml EDP en R1 295 vir 100 ml EDP) en wanneer dit leeg is, neem jy jou bottel na ’n Viktor & Rolf Flowerbomb-fontein by Stuttafords in Sandton City of Canal Walk en laat dit teen ‘n laer prys volmaak (R325 vir 20 ml EDP, R674 vir 50 ml EDP en R999 vir 100 ml EDP)!

 

Dié vars blommegeur bevat note soos jasmyn, roos, freesia, muskus en patsjoelie.