FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Vind jou skakering onderlaag

Dis moeilik om die regte skakering vir jou velkleur te vind, veral as jy in ’n winkel vol keuses staan met min tyd om elkeen uit te toets. Volg dié wenke:

  • Wanneer jy ’n nuwe onderlaag toets, moenie dit te veel in jou vel in skakeer nie. Tik dit liggies van die bokant van jou wangbeen afwaarts tot net onder jou kakebeen.
  • Kies die skakering wat lyk asof dit in jou vel in “verdwyn”.
  • Toets altyd onderlaag in natuurlike lig. Vra vir ’n paar toetsbuisies wat jy huis toe kan neem om te sien hoe dit in natuurlike daglig op jou vel lyk.
  • Moenie onderlaag op jou hande toets nie. Jou hande is gewoonlik meer sonbruinas jou gesig.

WAT VAN JOU NEK?

As jou onderlaag-skakering nie by die kleur van jou nek pas nie, lyk dit asof jy ’n “masker” dra. Maar jy moet nooit onderlaag aan jou nek ook aanwend nie, sê Jody. “As jy bekommerd is dat die kleurverskil tussen jou gesig en nek te groot is, skakeer ’n gesigpoeier van jou kakebeen tot in jou nekgedeelte sodat die kleur by jou gesig pas.”

 Lees nou