Ons hou van

Vir altyd verlief op diamante

’n Diamant binne-in jou parfuumbottel klink onmoontlik! Maar nou kan jy een vind in Shimansky se parfuum, My Girl!

Een uit elke honderd van die My Girl-bottels (R795 vir 50 ml EDP) bevat ’n spesiale My Girl-diamant. Dié diamante is elk 0,25 karaat en is R7 200 werd!

my_girl_perfume_diamond_view2_300w

 

Daar is 1 000 bottels van dié parfuum in SA beskikbaar, met die woorde “Forever in Love” op die bottel geëts. Dit beteken jy kan een van net tien Suid-Afrikaners wees wat op ’n diamant afkom wanneer jy jou parfuum by die huis oopmaak. Hou die bottel teen die lig en kyk of jy ’n diamant gekry het! Nadat jy jou parfuum opgebruik het, kan jy die leë bottel na jou naaste Shimansky-winkel neem om die diamant te laat uithaal.

 

 

Note soos waatlemoen, perske, roos, jasmyn, hout, muskus en speserye maak dié parfuum ’n kombinasie van blomme-, vrugte- en Oosterse geure. Daar is ook ’n oogroom (30 ml), gesigroom (30 ml) en lyfroom (100 ml) beskikbaar in die My Girl-reeks. Dié produkte kan nie afsonderlik gekoop word nie, maar net in ’n stel (R1 800).

mgc003_13_630w*Koop dié ligpienk geur by jou naaste Shimansky-winkel of besoek www.mygirl-perfume.com vir meer inligting. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd.