carrie_undewood_grammyslr
Ons hou van

Vir jou ringvinger

Bekendes soos Carrie Underwood (foto bo), Vanessa Hudgens, Rihanna en Beyoncé dra almal die ringvinger-manikuur. Jy verf al jou naels, behalwe dié van jou ringvingers, in een kleur. Dan kies jy ‘n ander kleur vir die twee naels wat oor is!

Die lekker van dié gier is dat jy kan kies watter kleure jy wil dra vir verskillende geleenthede. Kies twee helder kleure vir deur die dag, en dra dan ‘n donker naellak met ‘n helder kleur op jou ringvingers vir ‘n aandgeleentheid.

Jy kan selfs naelkuns gebruik om jou ringvingers te laat uitstaan!