strik
Ons hou van

Viva mooi

Die skoonheidshuis M.A.C gee terug deur hul Viva Glam-projek: 100% van die verkoopprys van dié produkte gaan aan mense wat met MIV/vigs leef.

Hierdie wêreldwye projek (dis reeds 500 000 Amerikaanse dollar sterk) skenk ook geld aan plaaslike projekte soos Noah’s Ark.

Viva Glam het pas hul twee nuutste gesigte aangekondig: Cyndi Lauper en Lady Gaga. Die twee popsterre kry elk hul eie lipstiffiekleur: Viva Glam Cyndi – Light Coral Red en Viva Glam Gaga – Light Blue Pink (R145 elk).

M.A.C steun ook plaaslike projekte soos Rena La Lona, ’n kreatiewe sentrum in Soweto, wat op Wêreldvigsdag R650 000 gekry het.