Ons hou van

Vroeë sorg

Sedert hul Multi-Active Day-gesigroom in 1988 bekend gestel is, het Clarins die formule al ‘n paar keer aangepas om seker te maak dat vroue wat ‘n besige en aktiewe leefstyl lei steeds die beste velsorg kry.

Nou het hierdie gewilde room weer ‘n verandering ondergaan om Ambiaty-ekstrak (ontgin uit Malgassiese blare, werk vorming van vroeë lyntjies teen) en Hesperidin-ekstrak (ontgin uit lemoenskil, ‘n antioksidant) te bevat.