FOTO Instagram / @mtv

FOTO Instagram / @mtv

Ons hou van

Wen-voorkomste op die VMA se rooi tapyt

Die jaarlikse MTV Video Music Awards is ’n geleentheid vir bekendes om te eksperimenteer met hul uitrustings, hare en grimering. Hiér is ’n paar skoonheidsvoorkomste by vanjaar se toekennings wat die SARIE-skoonheidspan se aandag getrek het.

Alicia Keys

Die sanger het nie eens ’n titsel grimering gedra nie en het vars en stralend gelyk! Lees hiér oor Alicia se besluit om nooit weer grimering te dra nie …

 

Kim Kardashian

’n Neutrale sonbruin grimeervoorkoms was veral gewild op dié rooi tapyt. Hiér is die werklikheidster Kim Kardashian se nude grimering en golwende hare die toonbeeld van ’n gemaklike en sexy somervoorkoms.

 

Naomi Campbell

Ons is mal oor die glinsterende dieprooi lipstiffie wat dié veteraan-supermodel gedra het!

 

Holland Roden

Dié aktrise, bekend vir haar rol in die TV-reeks Teen Wolf, het haar romantiese grimeervoorkoms gekomplementeer deur goue blinkers liggies op haar middelpaadjie te sprinkel. Kan dit dalk een van die somer se groot haartrends wees?

 

Ashley Graham

Treffende, bonkige wimpers is tans hoogmode. En die model Ashley Graham het gespog met ’n interessante asimmetriese wimper-voorkoms.

 

Stella Maxwell

Jy sal nie sommer rooi of pienk oogskadu op jou oë dra nie. Tog het die Victoria’s Secret-model Stella Maxwell dit reggekry om dié ongewone oogskadu-kleure vars en sexy te laat lyk.

 

Lees nou

Tekkies vir die kantoor

Jy kán in 5 minute grimeer – Victoria Beckham wys jou hoe!