Ons hou van

Winterwarm produkte

Daarom het Africology hul Vitamin Skin Booster Serum (R175) geskep – om jou vel se immuunstelsel op te bou. Hierdie serum bevat vitamiene, minerale en arnika en sorg dat jou vel die voginspuiting kry wat dit nodig het.

Africology is ʼn SA produkreeks wat die hernuwende en helende eienskappe wat Afrika bied, vasvang om jou jonger en mooier te laat lyk, en plaaslike bestanddele soos rooibos, aalwyn en maroela word gebruik. (Beskikbaar by uitsoek-spa’s.)