sr1009skoonheid_40_
Ons hou van

Woema-wimpers

“Wimpers gee jou gesig lewe en plaas die klem op jou oë,” sê grimeerkunstenaar Lisa Cloete. Volgens  haar kan die meeste wimpers getransformeer word met ’n wimperkruller en ’n sweempie maskara.

“Swart maskara is altyd my eerste keuse, maar gekleurde maskara is pret as jy jonk of modebewus is.  As jy ligrooi hare het, sal henna-gekleurde maskara jou wimpers verhelder.” Lisa glo dis belangrik om ’n maskara met ’n formule te vind wat jou wimpers en behoeftes die beste pas: 

’n Formule wat verdik, sal jou wimpers voller laat lyk, terwyl ’n verlengende formule sorg vir langer wimpers.’n Waterbestande maskara is op sy beurt ideaal wanneer die humiditeit hoog is, of as die kans goed is dat jy gaan huil (byvoorbeeld by ‘n troue) of sweet (wanneer jy gaan oefen).

Wees op die uitkyk vir Almay se innoverende One Coat Dial Up Mascara (R115).  Dit het drie verstellings, wat elke keer ’n verskillende hoeveelheid maskara op die borsel agterlaat om óf meer definisie óf meer volume te gee. Probeer ook Rimmel Sexy Curves (R99,95) en Revlon Grow Luscious by Fabulash (R120).