FOTO: instagram.com

FOTO: instagram.com

Ons hou van

Woensdagwenk: Die regte haarpaadjie vir jou gesig

Om ’n middelpaadjie te dra is deesdae baie gewild. Op die rooi tapyt én op die loopplank by die onlangse modeweke is dit een van die gewildste haarstyle onder modelle en bekendes. Die Britse modelle Cara Delevingne (foto bo), Miranda Kerr (links onder) en Rosie Huntington-Whiteley (regs onder) lyk beeldskoon met dié haarstyl.

Ongelukkig lyk min gesigvorms regtig goed met dié styl. Shelene Shaer van die salon Tanaz in Illovo, Johannesburg, sê egter jy kan dié tendens aanpas om by jóú gesigvorm te pas. Sy wys ons watter paadjie die beste by verskillende gesigvorms pas.

Watter haarpaadjie pas die beste by jou gesigvorm?

Ovaalvormige gesig – ‘nmiddelpaadjie lyk die beste by dié gesigvorm. Dit “deel” jou gesig en neus in twee sodat jou gesig maerder lyk, soos met Heidi Klum en Kate Beckinsale.

Kyk hoe het Heidi as jong meisie gelyk!

Flare Canada

Flare Canada

 

 

Driehoekige gesig – ’n middelpaadjie sal jou voorkop groot laat lyk. Die beste vir jou gesigvorm is om ’n reguit kuif te sny wat jou voorkop ‘n bietjie versteek. Doen dit soos Reese Witherspoon en Jennifer Garner (regs).

 

 

 

Gallo Images / Getty Images

Gallo Images / Getty Images

 

Ronde gesig – dra ’n kantpaadjie en ’n kuif wat na die kant toe lê, soos Michelle Williams (links) en Kirsten Dunst, want ’n middelpaadjie sal jou gesig selfs ronder laat lyk. Hare wat in lae (layers) teen jou gesig gesny is, sal jou gesig minder rond laat lyk.

 

Harper's Bazaar

 

Lang gesig – dra sagte lae (layers) teen jou gesig, want dit gee meer diepte, soos vir Sarah Jessica Parker (regs) en Scarlett Johansson. As jy die haarkleur teen jou gesig lig hou, gee dit ook meer dimensie aan jou gesig.