house_holland_2122_ss13_pw_310w
Ons hou van

Woensdagwenk: Hiér wend jy verbronser aan

Jy is dikwels onseker oor watter areas van jou gesig verbronser behoort te kry, maar dit kán maklik wees! Verbeel jou daar is ’n “3” op jou gesig se regterkant en ’n “E” (met sagte hoeke) aan die linkerkant van jou gesig. Die “3” en die “E” begin albei in die middel van jou voorkop en eindig op jou ken. Wend nou verbronser subtiel op die area wat deur die letter en syfer bedek word aan, soos op die boonste foto van MAC. Maak net seker die syfer en letter kom nie bymekaar op jou neus nie. Anders sal jou neus groot lyk.

Die geheim agter Kate Moss se grimering? Verbronser!