pinterest1_310w
Ons hou van

Woensdagwenk: hoe om jou hare droog te maak

Haardroërs kan temperature van tot sowat 140°C bereik. Dit kan veroorsaak dat die water in jou nat hare kook en op dié manier jou kroon selfs meer beskadig en uitdroog. Daarom is dit goed om jou hare altyd met ’n handdoek te vryf en van die meeste nattigheid ontslae te raak voordat jy dit droogblaas.