‘Plaasjapie’ se Jannie pak sy sakke: ‘Ek kan nie agterbaks wees nie. My trots is meer werd.’
In die derde aflewering van die tweede seisoen van kykNET se gewilde werklikheidsreeks ‘Plaasjapie’ was daar weer ’n groot gekonkel en agteraf besprekings wat daartoe gelei het dat een van Groenkloof se sterkste spelers tydens ’n koöperasie-kuier huis toe gestuur is.